Huishoudelike wenke saamgestel deur danie smuts

 

Asblik : kalk en amoniak in bodem van asblik

Besem : om die hare van ‘n besem weer styf te maak, plaas besem in ‘n oplossing van 1 eetlepel sout en 4 ½ liter water

Beskuitblik : gooi 1 teelepel suiker in die blik om vars te hou

Broodblik : ‘n halwe aartappel in die blik hou brood vars as jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels koeksoda of sout gevoeg is

Kerse : brand egalig en stadig as dit eers 24 uur in die yskas gelê het.

Krane : om ‘n kraan mooi blink te kry, vryf dit met ‘n halwe aartappel.

Messe : vryf messe met suurlemoensap blink mooi

Oond : plaas ‘n spons of ‘n lap wat in ammoniak gedoop is, oornag in die oond om vet te verwyder gooi 1 koppie sout, 1 koppie koeksoda en 1 ketel kookwater in ‘n riool wat met vet verstop is. Die vetterigheid los dadelik op gooi elke aand nadat die finale skottelgoed gewas is, ‘n handvol sout in die afvoerpyp af.  Die sout sal langsamerhand in die pyp afbeweeg en dit vry van vetterigheid hou.

Plastiekware :  verwyder koffie- en teevlekke deur dit met koeksoda te skuur.

Rasper :  hou ‘n ou tandeborsel byderhand in die kombuis. Dit is handig om die kos van ‘n rasper uit te borsel.

Staalwol :  om te verhoed dat staalwol roes, hou ‘n bakkie met water waarin koeksoda opgelos is by die opwasbak en sit die staalwol daarin na gebruik

Teevlekke : vryf teevlekke met fyn tafelsout van tee koppies af

Tregter : sny die boonste gedeelte van ‘n plastiek bottel oop en gebruik as ‘n tregter

Vullisblik : ‘n paar motbolletjies onder in die blik voordat jy die plastieksak daarin plaas verwyder alle reuke

Waterketels : kook ketels wat aangepak is met asynwater u kan ook asynwater in ‘n elektriese ketel gooi om die kalk te verwyder

Bottels : om die ou reuk uit bottels te kry, vul met ‘n oplossing van water en koeksoda

Miet : ‘n lourierblaar of twee in ‘n houer met pasta sal miet daaruit hou om te voorkom dat miet in meel of poeiermelk inkom sit ‘n kers daarin

Vleis : om vleis sag te maak wanneer jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by. Asyn kan ook oor vleis gesmeer word moet nooit braaivleis met ‘n vurk steek wanneer jy dit op die kole omdraa nie, gebruik eerder ‘n braaitang as vleis aangebrand het, voeg bietjie melk daarby en kook weer. Dit neem die brand smaak weg taai vleis kan saggemaak word deur vooraf bakpoeier oor te sprinkel asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf

Bredie : voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat u dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak

Hoender : om hoendervleis sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie suurlemoensap oor voordat u dit gaar maak

Spek : krul nie om as dit natgemaak word voor dit in ‘n pan gebraai word nie

Vark : vir geurige varktjops, rol elke tjoppie eers in fyngedrukte corn flakes of brood krummels voordat dit in olie gebak word strooi fyn gemmer oor gebraaide vark vleis dit gee ‘n heerlike geur

Vis : ‘n stukkie brood in die pan waarin vis gebak word, sal voorkom dat die olie spat ontdooi bevrore vis in melk. Die melk gee ‘n lekker vars geur aan die vis

Wors : om te keer dat worsies oopbars wanneer jy hulle braai, prik hulle goed, doop in kookwater en droog af voordat jy dit in die braaipan sit

Rys : kook rys en macaroni in melk pleks van water dit is heerlik. Pas net op dat dit nie aanbrand nie om rys los en wit te hou wanneer u dit kook, gooi ‘n bietjie suurlemoensap by

Groente : om te verhoed dat die hande vlek wanneer aartappels en pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet om groente langer vars te hou, draai dit in waspapier toe voordat dit in die yskas gebere word om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook

Aartappels : kook aartappels in twee dele melk en een deel water om dit smaakliker te maak.  Voeg 12,5 ml asyn by olie waarin aartappelskyfies gebak word. Dit maak skyfies bros en die olie skuim nie voeg ‘n vleisekstrakblokkie in die olie waarin aartappelskyfies gebak word vir ‘n heerlike geur voeg ‘n knypie bakpoeier by wanneer kapokaartappels gemaak word = maak dit baie lig voeg ‘n rou gerasperde ui by kapokaartappels vir ‘n ander smaak aartappels braai baie mooi bruin as dit eers in meel gerol word laat aartappels eers in melk lê voordat jy dit braai, dan braai hulle mooi bruin

Beet : om te verhoed dat beet oorkook, voeg ‘n mespunt botter by ‘n eetlepel asyn by die water sal beet gou laat sag kook

Blomkool : om blomkool mooi wit te kook, voeg 1 koppie melk by water kook blomkool in melk in plaas van water om die smaak te verbeter. Die melk kan dan vir die witsous gebruik word

Eiers : waneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n speld of teelepel in die kastrol ‘n gekraakte eier bly bruikbaar as jy die kraak met botter verseel en die eier dan kook

Kaas : kaas sal nie muf as ‘n klontjie suiker in die bak gehou word nie voordat jy kaas rasper, smeer botter oor die rasper om die skoonmaak agterna te vergemaklik

Sout : om te verhoed dat sout in soutpot vassit gooi twee of drie ryskorrels in

Reuke : om muwwerige reuk in laaie te verwyder, kan ‘n suurlemoenskil in laaie geplaas word om die reuk van mottegif te verwyder, kan watte met twee of drie druppels vanilla daarop gebruik word

Stoele : stoele wat met leer oorgetrek is, kan pragtig nuut lyk as dit met ‘n bietjie melk gewas word

Baddens : as jy geel vlekke uit ‘n bad wil verwyder, moet jy ‘n suurlemoen halveer, sout daaroor strooi en die vlekke daarmee vryf meng 2 eetlepels kalk, 2 eetlepels sout en ‘n halwe bottel parrafien om baddens mee skoon te maak

Spieels : vryf spieels en ruite met ‘n lappie gesprinkel met ‘n bietjie asyn – dit hou vliee weg

Tandepasta op? Maak jou tande skoon met ‘n mengsel van sout en bakpoeier

Handdoeke : om enige vlekke op ‘n handdoek te verwyder, vryf met ‘n bietjie dettol en dis weer silwer skoon

Matte : meng lou water met ‘n handvol sout en 60 ml of meer asyn. Borsel matte met mengsel. Dit bring die kleur weer mooi na vore rooiwyn vlekke op ‘n mat kan met sodawater behandel word om van onaangename reuke op matte ontslae te raak, strooi koeksoda op en los ‘n rukkie.  Stofsuig soos gewoonlik

Gordyne : voeg asyn by uitspoelwater van gordyne.  Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef.  Was kantgordyne in ‘n kussingsloop sodat dit nie beskadig raak in die wasmasjien nie.

Handsakke : maak handsakke en skoene skoon met dettol

Kant : om kant wit te hou, was dit gereeld in melk

Sokkies : week wit sokkies in soutwater voordat jy dit was, dit verwyder alle vlekke

Bloedvlekke : om bloedvlekke uit te kry, week goed in parrafien en dan weer in koue water.

Juwele : maak jou juwele skoon deur liggies met ‘n tandeborsel en ‘n bietjie tandepasta onder lopende water te borsel.  Bêre juwele in eierkartonne

Deure : wat kraak : gebruik ‘n bietjie sjampoe pleks van olie.  Dit werk net so goed.

Noodhulp

Blaas op hakskeen : klits wit van eier en sit op hak

Bloukol : om te verhinder dat bloukol vorm waar jy geval het of jou gestamp het smeer onmiddelik botter aan dit werk

Brand : smeer dadelik asyn aan enige brand wond neem brand weg en keer blasé

Bysteek : ‘n bietjie asyn op ‘n bysteek trek die seer uit.  Smeer uie oor ‘n bysteek nadat die angel afgekrap is – dit neem die brand weg

Doring : om ‘n doring uit te trek, smeer ‘n mengsel van engelse sout en vaseline op die plek en plak pleister bo-oor.

Hik : vir ‘n lastige hik, trek asem diep in en hou 25 sekondes lank so of eet 1 teelepel suiker ‘n teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem enige hik weg.

Muskietbyte : doop ‘n stukkie watte in engelse sout en warm water en plaas op bytplek.

Kakkerlakke : om ontslae te raak van kakkerlakke, plaas piesangskille in kaste en op rakke

Miere : sit ‘n stukkie suurlemoen neer waar miere in die huis pla of loop strooi bakpoeier rondom voesel wat jy wil beskerm teen miere.  Meng ewe veel koeksoda en engelse sout en strooi oral rond. Die miere sal die wyk neem en dis nie gevaarlik vir kinders en troeteldiere nie.  Sny ‘n ui of kap dit fyn en sit dit op die spoor van swartmiere. Hulle vlug

Motte : engelse sout in kaste waar linne ens.  Gebere word, hou motte weg.  Droog lemoenskil in die oond en plaas dit in laaie en kaste om motte uit te hou plaas ‘n paar koekies seep in linnekas.  Dit sal die vismotte weghou en gee ook ‘n aangename reuk aan die linne

Muise : gooi pepermentolie by muisgate

Muskiete : ‘n piering asyn langs die bed hou die muskiete weg paar druppels sitronella-olie op jou nagklere en kussingslope hou ook muskiete weg.

Persoonlike versorging

Elmboë : suurlemoensap maak skurwe elmboe en hande wat deur groente gevlek is, weer mooi wit.  Skurwe elmboe kan in ‘n halwe suurlemoen met 1 teelepel suiker daarin gevryf word

Vingernaels : om vingernaels te beskerm wanneer jy tuinmaak, druk jou naels vooraf in ‘n koekie seep

Hare : die sap van 1 suurlemoen geklits met die geel van 1 eier is ‘n goeie haarwasmiddel vir ligte hare

Skilfers : was die hare en spoel af met 1 eetlepel engelse sout of ‘n teelepel koeksoda opgelos in 500 ml water

Kamme : sal gou skoon kom as dit ‘n rukkie geweek word in warm water waarin 2 teelepels koeksoda opgelos is

Mond : kou teeblare of pietersielie om van ‘n ui- of visreuk in die mond ontslae te raak.  Suurlemoen gemeng met koeksoda maak gevlekte tande mooi wit.

Vensters : voeg parrafien by die water – maak baie mooi skoon

Flitsbatterye : wanneer die batterye pap is, sit oornag in plastieksakkies in die vrieskas.  Hulle is dan weer volsterkte

Krapmerke : op ‘n bril of horlosie gebruik ‘n stukkie watte met braso op

Warmwatersak : gooi ‘n teelepel sout saam met die warm water in die sak bly langer warm

Slakke : maak beddings goed nat en sodra slakke te voorskyn kom, besprinkel hulle met tafelsout

Motor

Batterye : vir ‘n pap motorbattery, gooi net 2/3 teelepel engelse sout by elke gat van die battery in.  Dit sal sommer nuwe krag he

Lang motorrit : eet kort-kort ‘n stukkie kaas of ‘n kaastoebroodjie.  Dit hou jou wakker en aan hou ‘n pakkie rosyne in die motor, dis ryk aan kalium, yster vitamien b, en tiamien

 waar is die raad oor die uie??????? ai help nie mens kry raad oor jou huishouding en daar is bog ger ol in van uie reuk op mens se hande nie…

:lol:

About these ads

36 Responses to Huishoudelike wenke saamgestel deur danie smuts

  1. Skoor sê:

    Alles goed en wel. Briljante idees van ‘n ewe briljante oom Danie Smuts.

    My enigste pyn is die feit dat ‘n OU TANDEBORSEL gebruik gaan word om die rasper mee skoon te maak. No ways!!! Ek koop eerder ‘n nuwe ene, want daai mondkieme in my waswater het my nou skoon lus vir gaan slaap :shock:

  2. Skoor sê:

    Ai, vergeet ek nou van die uie…suurlemoen sap op jou hande. Voila, die stank is weg.

  3. fisshy sê:

    Dankie, ek het al die sout ding probeer maar dit werk nie, ek gaan verseker die suurlemoen een probeer.

  4. Gatvol sê:

    Sout gaan nie goed wees vir die plante nie :(
    Maar ek gaan beslis van hierdie goeters probeer. Daar is niks fout met die reuk van ui nie ;)

  5. Ebrahim sê:

    Hoe vewyder ek skurwe van kniekoppe en ook die boonste van jou voet net voor die enkels.

    dankie…..

    • fisshy sê:

      jongie, ek glo aan Campor cream. Die wit een stink nie so erg nie en hy maak jou vel tjop tjop gesond. of enige vorm van skin food roompie werk ook.

      ek hoop jy kry ‘n oplossing vir jou probleempie

  6. Skoor sê:

    Ebrahim, gaan na Clicks by die voetsalwe. Daar is ‘n Dr. Sole produk. Jy kry nie beter nie. Ek belowe jou – ek smeer dit tot aan my hande as ek skurwe kloutjies kry van tuin werk.

  7. Wenk Koningin sê:

    Okay vir al julle mense wat nou so kla oor ou tandeborsels en dinge…

    1. Tandeborsels moet 24uur staan om “droog” te word en te voerhoed dat kieme daarop bou. So, na regte moet jy 2 tandeborsels het – indien nie, kan jy jou tandeborsel in witasyn laat staan vir 30min, dit sal ook kieme dood.

    2. Voete & ander droevel: gaan na Afgri en koop vir julle SpeenCreem, bevat chlorheksidie, Vit E & lanolien. Versprei deur Antrovet. — ek meen: het julle al ‘n koei met skurwe spene gesien?!

    3. Reuk van ui: al wat werk is ‘n metaal agtige ietsie. Ek het ‘n “metal soap” in Singapoer gekoop en dit is AL wat werk…vra my, ek het al als probeer…natuurlik kan jy ook ‘n paar handskoene aan trek voor jy die goed sny.

    4. Brand van ui: voor jy die goed sny, plaas dit in koue water (hoe kouer, hoe beter).

    • fisshy sê:

      Goeie raad dankie, maar die handskoene is soos om met handskoene te probeer tik, of selfs jou hare te blaas, net amper onmoontlik

      • Wenk Koningin sê:

        Wel, ek is nou nie een van daardie “kiem-bang-mense” wat al met handskoene probeer tik het of hare blaas het nie…maar hoe dink jy sny my mense in die kosbedryf uie – met kaal hanne?? Nee, daarvoor is ons te “kiem-bewis”!!!

      • fisshy sê:

        nee, dit gaan nie daaroor van kiembewis nie, maar dit gaan oor die irritasie van iets aan die hande en die vrees dat ek my hande sou raak sny.

  8. Monica van Vuuren sê:

    Wat help om bloed wat op tekkies gekom het te verwyder?

    • fisshy sê:

      Hi Monica,

      ek sou sê die groen koekie sunlight seep. smeer dit lekker dik aan, en los oornag om te werk. Onthou om ten alle tye as jy met bloed werk dit met koue water af te spoel, en nat te maak, anders gaan dit vlek, want dis mos ‘n vorm van Proteine.

      Selfs badseep het ek gevind verrig wonders!!!

      hoop jy kom reg. o ja, onthou die tandeborsel om die tekkies lekker mee te skuur, dit is hard genoeg om ‘n vryf aksie te doen, maar nie die tekkies se gare te beskadig nie.

      • Reynette sê:

        Goeie Dag Monica,
        Groen koekie sunlight seep gemeng met suiker maak ‘n lekker “paste” en smeer dit aan en los in die son tot droog…verwyder meeste vlekke!!

  9. Esther sê:

    Hoe kry ek teer en ook coke uit my motor se sitplek?

  10. jacky sê:

    Hoe raak ek ontslae van reun hond se urine se reuk ek het al alles probeer,van kersies,air refreshners,vanilla essence gemeng met detol niks werk nie wat kan ek spyt help asseblief reuk dryf my mal !!!!!!!!

  11. huisvrou? sê:

    Is daar ‘n manier om ligte brandvlekke, veroorsaak deur warm strykyster wat op mat geval het, ligter te maak of te verwyder. Mat nie stukkend gebrand, net nou die onooglike ligbruin strykystervlek.

  12. joey sê:

    hoe maak ek waslappe wat nie meer so vars is nie weer vars en hoe raak ek van die snotterigheid in hulle ontslae

  13. Baie interessant. Hkom kan mens ni dit ptint of aflaai nie ?

  14. Hoe kan mens di boere rate aflaai ?

  15. Shireen Crotz sê:

    wat maak ek met bloedvlekke op die rusbank asb?

  16. ursula sê:

    Hallo julle, wil weet hoe kry mens katpiepie uit jou matte uit. Die vraag oor uie reuk aan jou hande, smeer bietjie skoon jik aan en spoel dan af met lekker warm water.

  17. Luan sê:

    Indien jy die reuk van uie van jou hande wil verwyder, gooi bietjie sunlight liquid op jou wasbak (die gewone sink wasbakke). Vryf jou hande op die wasbak vir so rukkie. Was dan jou hande metbwater en die reuk sal weg wees.

  18. hallo danie en almal wat so lekker wenke gee,
    die oplossing vir kakkelak probleme [behalwe as jy jou plek klienies netjies en skoon kan hou] is die gebruik van boorsuur, dis minder giftig as sout, ‘n natuurlike produk wat nie jou kinders en troeteldiere aan gevare blootstel nie en uiters effektief. sabs toetse wat ek laat doen het toon dat boorsuur binne ongeveer 10 dae klaarspeel met ‘n kakkerlak infestasie. dit maak ook vlooie, vismotte, miere [skryf vir resep], myte en bosluise dood. vergeet van allerhande boererate en ou ‘urban legend’ tipe wyshede – boorsuur [boric acid] is jou antwoord.
    seen
    gabriel smit
    gabriel-at-1234567.co.za

  19. rikus sê:

    Hi wil graag weet hoe verwyder n mens muise uit jou motor “machine” dat hulle nie in jou lugversorging eenheid bly en vrot nie? Dankie

  20. Frikkie sê:

    oor uie, vryf jou hande op ‘n stainlessteel wasbak en die reuk is weg

  21. Ouma wat raad op is sê:

    kan iemand my help met raad om poppe wat met pen bekrap is skoon te maak asb ek sit met nuwe poppe wat ek nie kan skoon kry nie.

    • Reynette sê:

      Goeie More,
      My meisiekind het my rusbank bekrap met pen en haarspray het dit totaal en al verwyder probeer dit op ‘n stukkie watta op die poppe miskien werk dit daar ook.

  22. Petro Botes sê:

    Om reuke (uie, vis, ens) uit hande te kry, vryf klam hande oor die blink metaal langs die opwasbak.

  23. Petro Botes sê:

    Watter asyn is die beste om kalk te verwyder? Wit of bruin?

  24. Reynette sê:

    Uie reuk op jou hande: Nadat jy uie geskil/gesny het vat ‘n Stainless Steel lepel onder ‘n lopende koue kraan en vryf die lepel deur jou hande.

  25. Carin sê:

    As jou hande na knoffel of uie ruik, vee dit af aan n lepel of stainless steel oppervlakte. Mens kry spesiale stailess steel balle te koop by kombuiswinkels

  26. fred sê:

    uie nadat jy met uie gewerk het vryf jou hande aan die wasbak en die reuk is weg

  27. Susan sê:

    monica waarmee verwyder ek die gom vd prysetikette op tupper/plastiek/glas eninge iets ek beskadig elke keer die items met die skuursponsensie, help asb!!!!! Vriendelike groete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: