Kerk en die ouderling

Ek kry vanoggend ‘n oproep van my ouderling af, hy en sy vrou wil by my kom huisbesoek doen.  Goed, ek is nie by die huis nie, so ek sê toe vir hom ek is nie by die huis nie.

Wag ek vertel sommer van die begin af.  My ouderling is al naby aan sy 70.  Nou ja, hy wou al vantevore by my kom huisbesoek doen het, ja ek het toe al gesê ek is nie by die huis nie, dit gaan nie daaroor dat ek hulle nie by my huis soek nie, ek het nie ‘n voertuig nie, so ek moet my reëlings ens om my vervoer tref.  Dis nie so maklik om te sê, kom haal my maar, my ouderling het klaar huisbesoek gedoen nie.

Ek is jammer om van sy k@k te hoor, maar ek het ook ‘n lewe.

Het hy wat ouderling is die reg om vir my te sê, hy het dan nie ‘n probleem daarmee as ek nie by die kerk wil inskakel nie?

Het ek dit verkeerd opgeneem? 

Ek dink daar is net een regter, en dis die GROOT Regter daar bo.  Elkeen sal vir sy eie dade verantwoordelik wees eendag.  Maar tot dan toe, moet my nie oordeel nie, jy weet nie wat is my omstandighede nie.

10 Responses to Kerk en die ouderling

  1. naaldekoker sê:

    Stem saam met jou – dat daar net EEN is wat saakmaak en solank jou saak daar reg is. Bogger die res.

  2. naaldekoker sê:

    Net dit bysê ons moet diesulkes(ouderlingen kie) maar vergewe en Liefde uitstraal na ander.

  3. fisshy sê:

    haha, ek kan nie help om te smile elke keer as ek daaraan dink nie. Liefde het natuurlik een laaaaang knoop daaroor te sê gehad. Maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag.

  4. naaldekoker sê:

    Ons ou dominee is weg/afgetreë twee jonges wat oor is-nou wil hulle nuwe dinge instel Soos bv. mense moet kies of hul hul maandelikse bydrae via internet/direkte deposit/diaken wil gee. Ek kan nie help om te smile nie – die meerderheid sal mos internet kies, maar as die badget nie klop die mnd -wat dan >>ignoreer die internet bet. en wat kan die kerk aan jou doen? Gouste wat hul nader aan bankrot gaan kom.

    • fisshy sê:

      jy vul mos ‘n debiet order in wat outomaties elke maand afgaan. Ek wag al ‘n hele jaar lank dat my diaken by my ‘n draai kom maak, en ek het al telkemale gevra wie my diaken is, NOU ewe skielik wil hulle kom, en vingers wys. NEE jammer, maar i don’t think so.

  5. Wondernet sê:

    WOW Fishy

    Check it out . http://botd.wordpress.com/?lang=af

    Na twee dae beklee jy die 18de plek van beste Afrikaanse Blogs.

  6. naaldekoker sê:

    Fishy kom sê Hallo hier http://www.bosluis.co.za/?p=4#comment-172 as jy tyd kry

  7. Wondernet sê:

    http://www.bosluis.co.za

    Fishy ons soek jou!!

  8. Skillie sê:

    pos sommir jou ouderling ook moer toe

  9. fisshy sê:

    haha ek gaan so maak jong. 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: