Alec Geldenhuys

Vriende, familie en almal wat omgee
 
Bid asb saam met ons vir Alec Geldenhuys (4). Alec is my broer Charl en skoonsus Eunice Geldenhuys se enigste seuntjie.
 
Hy is Desember 2009 gediagnoseer met n gewas op die brein stem en die dokters het hom net 3-6 maande tydperk gegee om nog te lewe. Die gewas is van so aard dat hulle nie kan opereer nie. Hy het gegaan vir bestraling maar die dokters se daar is geen verbetering nie.
 
Alec is kort-kort in en uit die hospitaal. Hulle het ~n pypie ingesit om die drukking op sy brein te verlig. Hy kan nie meer loop nie en is afhanklik van sy ouers om alles vir hom te doen. Dit breek ons harte om hom so te sien agteruit gaan. Alec is so kosbaar, hy is sy pa se hart se punt.
 
Ons vra dat julle asseblief saam met ons bid vir Alec, vir genesing. Bid ook vir sy ouers Charl en Eunice, hulle het baie ondersteuning nodig. Bid in geloof, sonder om te twyfel. Die krag van gebed moet nooit onderskat word nie en niks is onmoontlik vir God nie.
 
Stuur asb aan soveel mense moontlik.
 
Dankie vir u gebed en tyd.
 
Groete
   
Elzanne van Wyk

Weereens, kindertjies verdien nie om swaar te kry nie.  Ek vra asseblief ‘n wakende hand oor hierdie kind Liewe Jesus. 

Amen

4 Responses to Alec Geldenhuys

  1. Morne Grobbelaar sê:

    Hello, kan ek in verbinding tree met Alec se ouers asseblief. My nommer is 076 073 2803. Dankie

  2. fisshy sê:

    Hi Morne,

    Ek sal kyk of ek kan uitvind wat die ouers se nrs is, maar ek belowe niks nie. Dit is op ‘n email wat ek gekry het, sal gou hoor of die dame wat dit vir my gestuur het die familie ken.

  3. fisshy sê:

    Hi Morne,

    ek het probeer om sy ouers se kontak besonderhede vir jou op te spoor, maar ek kon dit nie reg kry nie. Blykbaar is Alec oorlede. Bid asseblief vir hierdie seuntjie se ouers. Dis nou al wat ons vir hulle kan doen.

    Lekker dag

  4. Vriendin sê:

    Klein Alec is Vrydag 16 April in die oggend oorlede, nadat die gewas die deel van sy breinstam wat asemhaling beheer aangetas het – sy longetjies het ophou werk, en weens die suurstoftekort het sy hartjie gaan staan. Die dokters het probeer, maar kon hom nie weer bybring nie.
    Bid asb vir sy mamma en pappa, vir wie hierdie klein engeltjie ALLES was…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: