Troeteldiere en Dierekinders

Hoekom raak ‘n mens so geheg aan die goedjies, en as jy perongeluk oor die ou dingetjie ry, of hulle word gebyt of hulle verdrink dan is jou hart vir weke aan een seer.

Dit het my verlede jaar oorgekom.  Ek koop vir die eerste keer in my lewe vir my 2 hondjies, nou ja die oulikste goedjies, nogal “bokkie”  hondjies.  Die Reuntjie was so effens groot, maar dit maak nie saak nie, ek het my hondjies gekry wat ek so lank voor gewag het.  Die Tefietjie aan die anderkant was piepklein.  Sy het op 6 weke nog in my hand gepas.  Natuurlik het mens dan vir die kleiner een ‘n soft spot in jou hart.

So lê ek die sondag oggend in die bed, Liefde het die honde gaan uitgooi en gaan koffie maak.  Volgende oomblik hoor ek net hierdie HARDE getjank.  Het omtrent geklink of iemand aan gerand word of iets.  Nou ja, kom liefie met die kleintjie in sy hand in die kamer in, een van die groot honde het haar op die kop gebyt.  Ons het inderhaas veearts toe met die kleintjie.  Los my “favourite” maar toe by oom Dr, want wat anders moet ons doen?  Die sondag aand bel ek en hoor hoe dit gaan, nee wat se die veearts, die outjie behoort dit te maak, sy het die hele dag geslaap.

ai, Maandag oggend sien ek daar is ‘n mistcall op my selfoon.  Bel toe die veearts terug, nee sy het dit nie gemaak nie, die beserings op die skedeltjie was net te groot gewees.

Intussen het liefde se boetie sy hondjie by ons gelos.  Natuurlik raak mens mos maar geheg aan die diertjies, so kom ons terug van die werk af, stop toe om die bederfde een op te tel(ja sal nog eendag oor die ding skryf) een oomblik is die boetie se hondjie nog langs die kar, toe ons weg trek, hol die dingetjie onder die wiel in, en dit was ook die einde gewees. 

Miskien is dit lelik, maar mens wonder baie, hoekom nou juis hulle, en nie die ander nie…..

2 Responses to Troeteldiere en Dierekinders

  1. naaldekoker sê:

    Môre – Jip mens raak vreeslik geheg aan die goetjies. Raak behoorlik soos kinder in die huis. Ag maar hul onvoorwaarlike liefde is seker een van die groot redes waarom hul so diep in die hart kruip.

  2. fisshy sê:

    hallo Kokertjie.

    ek het nie juis groot geword met honde nie, was nog altyd ‘n katte mens. Maar die hondjies waarsku jou as daar slange ens is, so dit werk vice versa. Jy kry terug wat jy vir hulle gee.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: