Jou matras en my kombers……..

 
Sommer so spesiaal vir al die ‘ou’ getroudes en vir die wat daaraan dink om te trou! Ek het nogal gedink daar is so een of twee waarhede in die stukkie, ons is maar almal mens …… Of is ek verkeerd. Prof Olivier klink my ken die lewe. Mooi loop my liewe vriende. Ek dra julle almal in my hart.

 NÁ die seisoen van konfetti en trou-albums en katelbreektyd ontwaak ‘n nuwe Seisoen in die grootste gros huwelike.  Dis die tyd wanneer kinders inbars en alles omgedolwe word.  Geld, tyd en rus is min. Vurige twiste en Noord-suid-opinies is volop. Wat eens lekker geruik het, word ‘n stank.  Wat mooi was, word afskuwelik.  Wat slim geklink het, word beterweterigheid.  Soetlemoene verander in bitterappeltjies.

Dan, so 20 of wat jaar ná die konfetti-dag, wanneer die kuikens hoenders word en in hul eie weiland begin skrop, daag ‘n ander seisoen op.  Jeuktyd, kraptyd, byttyd, skaaftyd. Dis Dan wanneer die huweliksbed se voeë begin meegee en die wiekelende konstellasie dreig om vloer toe te tuimel.

Ná jare van geldstryd en kinders grootsukkel, sit die eens uitspattig- gelukkige huwelikspaar met mekaar opgeskeep.  Bykans vreemdelinge.  Of vyande.  Buitentoe lyk alles wel.  Almal glo dit gaan góéd met ons. (“Ons” is ‘n versamelnaam vir wie ook al aan die versameling wil behoort).  Ons hét alles en ons lag en kuier, sing kerkkoor, stap met die hond, hou vakansie, koop saam-saam kruideniersware.  Oënskynlik die perfekte verbintenis.

Maar agter die voordeur waar niemand sien of hoor nie, staan die pitsweer ‘n goudgeel punt.  Barstens gelade met sarkasme, sinisme, ondankbaarheid, erbarmloosheid, humorloosheid.  Ons is áltyd gereed om te verskil en te beskuldig; te pik en te amputeer. Ysstiltes en ‘n vrot atmosfeer is aan die orde van die dag.

En daar hang ons in die slagyster.  Skei kan ons nie, want dis ‘n geval van my kombers en jou matras en daar lê die ding. ‘n Huweliksberader wíl ons nie, want niemand het energie vir ‘n ellelange dermuitrygery nie.  Dan maar deurdruk, hoe gallerig ook al.  Solank niemand ontdek wat agter die gordynvoerings aangaan nie.  Om te kompenseer vir die yskaslewe, Pak ons allerhande vernietigende handvuurtjies aan vir hitte.  Affairs, drank, pille, pornografie, koopsiekte, vreetsiekte, verenigings, oorgodsdienstigheid, werkoholisme.  En noem maar op.

Ek en die ou gryse het al deur baie driwwe geswem.  Enkeldiepte, borsdiepte, en soms watergetrap.  Dat ons mekaar nie jakkalsgif ingegee het nie, bly ‘n mirakel. En toe, tydens een van ons doodbliksem-gevegte, kom ons op die kwessie sowel as die oplossing af.  Ek sê nie dit sal vir almal werk nie, maar vir ons het dit.

Die kwessie: Spasie. In sy wese bly die mens ‘n eenling.  Hy wil ‘n sirkel om hom kan trek; ‘n spasie waaroor hy, en hy alleen, baasskap het.  En die huwelik het ‘n rare manier om die mens sy eenlingskap te ontneem.  Dis ‘n cliché om te sê die huwelik is ‘n eenwording van twee mense. Want twee mense kan nooit één word as elke eenling nie ‘n heel mens op sy eie is nie.  En as die mens van sy spasie beroof word, raak hy soos ‘n hondsdol hond wat alles byt.

Die oplossing: spasie.  Só baklei ek en die ou gryskop doerie tyd amper tot by die bottel jakkalsgif. Uit beboosdheid trek hy met klere, boeke, lessenaar en spanners na die spaarkamer op die boonste verdieping.  En dáár bly hy vandag nog. Wat destyds ‘n ek-bliksem-jou- sommer-dood-aksie was, het geblyk die antwoord te wees.

Sy kamer is syne.  My kamer is myne.  Hy kan snork en poep en televisie kyk wanneer hy wil.  Ek kan snags my bedliggie aansit en slaapkouse brei as iets my ry.  Ek kan dwars oor die bed slaap, en hy kan besluit hoeveel komberse hy oor hom wil hê.  Niemand besweet niemand, en daar is nooit ‘n nagtelike gestry nie.  En dis salig om uitgerus wakker te word sonder ‘n kierie teen jou rug. Of sonder ‘n redeloos beneukte vrou langs jou.  Die saligste bly die op- en afsluipery met die trap. Soos outydse court. Sondagmiddag gaan lê ek in sy arm. Of ek skrik middelnag wakker as hy fluistervra of hy agter my rug kan lê, want hy verlang na my.  Om boontoe te SMS dat ek my man in my kooi soek, of om sy brekfis trapop te dra en te gaan sê hy’s my koning.

Nou se dae kan nie ek óf hy onthou waar ons die jakkalsgif gebêre het nie.

Want ek het my kombers en hy het sy matras. En nêrens lê ‘n ding nie!

Jammer om dit te sê, ek is nie so goeie digter nie.  het hierdie op ‘n email gekry.  So jy weet wie okal jy is wat vir my daardie reply gegee het.  UP YOURS!!

3 Responses to Jou matras en my kombers……..

  1. Gatvol sê:

    Baie oulik 🙂

  2. Harry sê:

    He he he he. Hou toe nie van die waarheid nie ne?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: