Gewigs verlies of voordeel?

Ek gaan tien teen een op ‘n paar mense se tone trap, maar hier gaan ek.

As jy in die spieel kyk en jy lyk vir jouself bietjie “vetterig”  dan is jy tien teen een.  Baie mense sê maer mense het ‘n houding, het hulle werklik?  Of is dit maar net om jou beter te laat voel oor jy so lyk, en die “maeretjies” werklik iets doen om hulself op te pas….

Kyk, as jy kinders gehad het, goed en wel, maar as jy nie die gewig kan verloor nie, MAAK PLAN en gaan sien ‘n dieetkundige of die dokter.

Ek wil my doodlag as ek sien hoe baie mense wat op dieet is TAB drink, mense daardie goed werk nie.  Drink WATER!!!  Jy kan nie as jy op dieet is, gou die naweek wil kroek en dan in die week dan dieet jy weer so hard dat jou mede kolegas dink, sjoe hierdie vrou/man is nou werklik devoted met daardie dieet van hom/haar, weet jy wat?  Jy flous net jouself.

Weeg jouself asseblief elke week.  Dan kom jy nie na 3 maande met ‘n skok agter jy het skielik 10kg opgetel en nou moet jy probeer plan maak nie.  En los die Alkohol heeltemal,  “news flash”  jy gaan niks verloor as jy nogsteeds drink nie.

Goed, nou dat ek dit van my bors af het.

ps.  Ek praat nie van die mense wat werklik ‘n probleem het nie.

SKIET MY MAAR.

5 Responses to Gewigs verlies of voordeel?

  1. naaldekoker sê:

    Hoe het jy geweet ek’s op n dieet?? LOL
    Ek probeer om net so 3 of 4 kilo’s afteskud voor die winter, maar soos jy sê die Alkohol ai-ai man dit is nie so maklik nie. Ek drink wel tab of coke zero, maar nie omdat dit my sal maer maak nie -dit is net n plaasvervanger vir ander koeldrank of bier(wat ek sou gedrink het)en dit het minder kilojoules en maak my versadig sodat ek nie crave nie. Ek haat water drink. PUNT.

    • fisshy sê:

      hahahaha

      Lekker lag ek nou, smile letterlik baie breedt hier in die kantoor. Jy moet maar probeer om al jou groente gaar te stoom, jou vleis in sy eie sous gaar te maak, sonder vet. Haal maar daardie hoendervelletjie af voor jy dit gaarmaak. Ens ens.

      Eet liewer 6 klein porsies deur die dag as wat jy 3 groooot etes eet. Eet genoeg vrugte. Solank jou maag gereeld sy werk doen, behoort jy nie probleem te hê nie. so tussen my en jou, Koffie is ‘n eetlusdemper.

  2. Sonderwoorde sê:

    Wow fisshy, hoe klink dit vir my asof jy nog nooit ‘n probleem met oorgewig gehad het nie?

    • fisshy sê:

      o glo my ek het. Was ‘n regte ottertjie gewees, maar ek kyk nou maar net wat ek eet. Ek het myself ‘n belofte gemaak, ek sal solank as wat ek dit kan help nie gou weer so lyk nie. 😉

  3. Sonderwoorde sê:

    Dis mooi! Ek wil so graag party vroumense skud tot hul tot die besef kom dat n fietse lyfie jou tog nie beter as ander maak nie. Maar nou ja, ons plastiek samelewing value eerder ge”rip”de maagspiere as waardes. Very sad!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: