Resep

Maart 30, 2010

Ek moet net hierdie met julle deel, dit is DEVINE!!!

Appelkoek

Ingredients

[edit] Directions

Peel and cut Apples into eighths (wedges). Sift together flour,

Baking Powder and salt with 4 tablespoons of the Sugar. Cut in

Butter/Margarine. Combine egg and milk and add to flour mixture.

Turn batter into greased 8 inch square cake pan. Press Apple Wedges

partly into batter. Combine remaining 2 tbsp Sugar and Cinnamon,

sprinkle over Apple. Bake at 425 degree F for 25 to 30 minutes.

(Serves six)


Huishoudelike wenke saamgestel deur danie smuts

Maart 25, 2010

 

Asblik : kalk en amoniak in bodem van asblik

Besem : om die hare van ‘n besem weer styf te maak, plaas besem in ‘n oplossing van 1 eetlepel sout en 4 ½ liter water

Beskuitblik : gooi 1 teelepel suiker in die blik om vars te hou

Broodblik : ‘n halwe aartappel in die blik hou brood vars as jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels koeksoda of sout gevoeg is

Kerse : brand egalig en stadig as dit eers 24 uur in die yskas gelê het.

Krane : om ‘n kraan mooi blink te kry, vryf dit met ‘n halwe aartappel.

Messe : vryf messe met suurlemoensap blink mooi

Oond : plaas ‘n spons of ‘n lap wat in ammoniak gedoop is, oornag in die oond om vet te verwyder gooi 1 koppie sout, 1 koppie koeksoda en 1 ketel kookwater in ‘n riool wat met vet verstop is. Die vetterigheid los dadelik op gooi elke aand nadat die finale skottelgoed gewas is, ‘n handvol sout in die afvoerpyp af.  Die sout sal langsamerhand in die pyp afbeweeg en dit vry van vetterigheid hou.

Plastiekware :  verwyder koffie- en teevlekke deur dit met koeksoda te skuur.

Rasper :  hou ‘n ou tandeborsel byderhand in die kombuis. Dit is handig om die kos van ‘n rasper uit te borsel.

Staalwol :  om te verhoed dat staalwol roes, hou ‘n bakkie met water waarin koeksoda opgelos is by die opwasbak en sit die staalwol daarin na gebruik

Teevlekke : vryf teevlekke met fyn tafelsout van tee koppies af

Tregter : sny die boonste gedeelte van ‘n plastiek bottel oop en gebruik as ‘n tregter

Vullisblik : ‘n paar motbolletjies onder in die blik voordat jy die plastieksak daarin plaas verwyder alle reuke

Waterketels : kook ketels wat aangepak is met asynwater u kan ook asynwater in ‘n elektriese ketel gooi om die kalk te verwyder

Bottels : om die ou reuk uit bottels te kry, vul met ‘n oplossing van water en koeksoda

Miet : ‘n lourierblaar of twee in ‘n houer met pasta sal miet daaruit hou om te voorkom dat miet in meel of poeiermelk inkom sit ‘n kers daarin

Vleis : om vleis sag te maak wanneer jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by. Asyn kan ook oor vleis gesmeer word moet nooit braaivleis met ‘n vurk steek wanneer jy dit op die kole omdraa nie, gebruik eerder ‘n braaitang as vleis aangebrand het, voeg bietjie melk daarby en kook weer. Dit neem die brand smaak weg taai vleis kan saggemaak word deur vooraf bakpoeier oor te sprinkel asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf

Bredie : voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat u dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak

Hoender : om hoendervleis sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie suurlemoensap oor voordat u dit gaar maak

Spek : krul nie om as dit natgemaak word voor dit in ‘n pan gebraai word nie

Vark : vir geurige varktjops, rol elke tjoppie eers in fyngedrukte corn flakes of brood krummels voordat dit in olie gebak word strooi fyn gemmer oor gebraaide vark vleis dit gee ‘n heerlike geur

Vis : ‘n stukkie brood in die pan waarin vis gebak word, sal voorkom dat die olie spat ontdooi bevrore vis in melk. Die melk gee ‘n lekker vars geur aan die vis

Wors : om te keer dat worsies oopbars wanneer jy hulle braai, prik hulle goed, doop in kookwater en droog af voordat jy dit in die braaipan sit

Rys : kook rys en macaroni in melk pleks van water dit is heerlik. Pas net op dat dit nie aanbrand nie om rys los en wit te hou wanneer u dit kook, gooi ‘n bietjie suurlemoensap by

Groente : om te verhoed dat die hande vlek wanneer aartappels en pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet om groente langer vars te hou, draai dit in waspapier toe voordat dit in die yskas gebere word om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook

Aartappels : kook aartappels in twee dele melk en een deel water om dit smaakliker te maak.  Voeg 12,5 ml asyn by olie waarin aartappelskyfies gebak word. Dit maak skyfies bros en die olie skuim nie voeg ‘n vleisekstrakblokkie in die olie waarin aartappelskyfies gebak word vir ‘n heerlike geur voeg ‘n knypie bakpoeier by wanneer kapokaartappels gemaak word = maak dit baie lig voeg ‘n rou gerasperde ui by kapokaartappels vir ‘n ander smaak aartappels braai baie mooi bruin as dit eers in meel gerol word laat aartappels eers in melk lê voordat jy dit braai, dan braai hulle mooi bruin

Beet : om te verhoed dat beet oorkook, voeg ‘n mespunt botter by ‘n eetlepel asyn by die water sal beet gou laat sag kook

Blomkool : om blomkool mooi wit te kook, voeg 1 koppie melk by water kook blomkool in melk in plaas van water om die smaak te verbeter. Die melk kan dan vir die witsous gebruik word

Eiers : waneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n speld of teelepel in die kastrol ‘n gekraakte eier bly bruikbaar as jy die kraak met botter verseel en die eier dan kook

Kaas : kaas sal nie muf as ‘n klontjie suiker in die bak gehou word nie voordat jy kaas rasper, smeer botter oor die rasper om die skoonmaak agterna te vergemaklik

Sout : om te verhoed dat sout in soutpot vassit gooi twee of drie ryskorrels in

Reuke : om muwwerige reuk in laaie te verwyder, kan ‘n suurlemoenskil in laaie geplaas word om die reuk van mottegif te verwyder, kan watte met twee of drie druppels vanilla daarop gebruik word

Stoele : stoele wat met leer oorgetrek is, kan pragtig nuut lyk as dit met ‘n bietjie melk gewas word

Baddens : as jy geel vlekke uit ‘n bad wil verwyder, moet jy ‘n suurlemoen halveer, sout daaroor strooi en die vlekke daarmee vryf meng 2 eetlepels kalk, 2 eetlepels sout en ‘n halwe bottel parrafien om baddens mee skoon te maak

Spieels : vryf spieels en ruite met ‘n lappie gesprinkel met ‘n bietjie asyn – dit hou vliee weg

Tandepasta op? Maak jou tande skoon met ‘n mengsel van sout en bakpoeier

Handdoeke : om enige vlekke op ‘n handdoek te verwyder, vryf met ‘n bietjie dettol en dis weer silwer skoon

Matte : meng lou water met ‘n handvol sout en 60 ml of meer asyn. Borsel matte met mengsel. Dit bring die kleur weer mooi na vore rooiwyn vlekke op ‘n mat kan met sodawater behandel word om van onaangename reuke op matte ontslae te raak, strooi koeksoda op en los ‘n rukkie.  Stofsuig soos gewoonlik

Gordyne : voeg asyn by uitspoelwater van gordyne.  Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef.  Was kantgordyne in ‘n kussingsloop sodat dit nie beskadig raak in die wasmasjien nie.

Handsakke : maak handsakke en skoene skoon met dettol

Kant : om kant wit te hou, was dit gereeld in melk

Sokkies : week wit sokkies in soutwater voordat jy dit was, dit verwyder alle vlekke

Bloedvlekke : om bloedvlekke uit te kry, week goed in parrafien en dan weer in koue water.

Juwele : maak jou juwele skoon deur liggies met ‘n tandeborsel en ‘n bietjie tandepasta onder lopende water te borsel.  Bêre juwele in eierkartonne

Deure : wat kraak : gebruik ‘n bietjie sjampoe pleks van olie.  Dit werk net so goed.

Noodhulp

Blaas op hakskeen : klits wit van eier en sit op hak

Bloukol : om te verhinder dat bloukol vorm waar jy geval het of jou gestamp het smeer onmiddelik botter aan dit werk

Brand : smeer dadelik asyn aan enige brand wond neem brand weg en keer blasé

Bysteek : ‘n bietjie asyn op ‘n bysteek trek die seer uit.  Smeer uie oor ‘n bysteek nadat die angel afgekrap is – dit neem die brand weg

Doring : om ‘n doring uit te trek, smeer ‘n mengsel van engelse sout en vaseline op die plek en plak pleister bo-oor.

Hik : vir ‘n lastige hik, trek asem diep in en hou 25 sekondes lank so of eet 1 teelepel suiker ‘n teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem enige hik weg.

Muskietbyte : doop ‘n stukkie watte in engelse sout en warm water en plaas op bytplek.

Kakkerlakke : om ontslae te raak van kakkerlakke, plaas piesangskille in kaste en op rakke

Miere : sit ‘n stukkie suurlemoen neer waar miere in die huis pla of loop strooi bakpoeier rondom voesel wat jy wil beskerm teen miere.  Meng ewe veel koeksoda en engelse sout en strooi oral rond. Die miere sal die wyk neem en dis nie gevaarlik vir kinders en troeteldiere nie.  Sny ‘n ui of kap dit fyn en sit dit op die spoor van swartmiere. Hulle vlug

Motte : engelse sout in kaste waar linne ens.  Gebere word, hou motte weg.  Droog lemoenskil in die oond en plaas dit in laaie en kaste om motte uit te hou plaas ‘n paar koekies seep in linnekas.  Dit sal die vismotte weghou en gee ook ‘n aangename reuk aan die linne

Muise : gooi pepermentolie by muisgate

Muskiete : ‘n piering asyn langs die bed hou die muskiete weg paar druppels sitronella-olie op jou nagklere en kussingslope hou ook muskiete weg.

Persoonlike versorging

Elmboë : suurlemoensap maak skurwe elmboe en hande wat deur groente gevlek is, weer mooi wit.  Skurwe elmboe kan in ‘n halwe suurlemoen met 1 teelepel suiker daarin gevryf word

Vingernaels : om vingernaels te beskerm wanneer jy tuinmaak, druk jou naels vooraf in ‘n koekie seep

Hare : die sap van 1 suurlemoen geklits met die geel van 1 eier is ‘n goeie haarwasmiddel vir ligte hare

Skilfers : was die hare en spoel af met 1 eetlepel engelse sout of ‘n teelepel koeksoda opgelos in 500 ml water

Kamme : sal gou skoon kom as dit ‘n rukkie geweek word in warm water waarin 2 teelepels koeksoda opgelos is

Mond : kou teeblare of pietersielie om van ‘n ui- of visreuk in die mond ontslae te raak.  Suurlemoen gemeng met koeksoda maak gevlekte tande mooi wit.

Vensters : voeg parrafien by die water – maak baie mooi skoon

Flitsbatterye : wanneer die batterye pap is, sit oornag in plastieksakkies in die vrieskas.  Hulle is dan weer volsterkte

Krapmerke : op ‘n bril of horlosie gebruik ‘n stukkie watte met braso op

Warmwatersak : gooi ‘n teelepel sout saam met die warm water in die sak bly langer warm

Slakke : maak beddings goed nat en sodra slakke te voorskyn kom, besprinkel hulle met tafelsout

Motor

Batterye : vir ‘n pap motorbattery, gooi net 2/3 teelepel engelse sout by elke gat van die battery in.  Dit sal sommer nuwe krag he

Lang motorrit : eet kort-kort ‘n stukkie kaas of ‘n kaastoebroodjie.  Dit hou jou wakker en aan hou ‘n pakkie rosyne in die motor, dis ryk aan kalium, yster vitamien b, en tiamien

 waar is die raad oor die uie??????? ai help nie mens kry raad oor jou huishouding en daar is bog ger ol in van uie reuk op mens se hande nie…

😆